Die nuwe handelsmerk van lekker!

windpomp

Dis moelik om te verstaan wat dit is wat ons almal trots maak en ons harte laat swel as ons die mooier dinge van die land sien.

Die tyd is nou die tyd met vakansie en rustigheid, op seker te maak dat die voete rus, die drankies koud bly en die lekker warm dae geniet word.

Kry ‘n lekker Lug Sofa by ons winkel en kyk uit vir nog pragtige en unieke produkte, amper hier!!

Geniet die sofa by Rocking the Daisies of by Vaal River Rats

Onthou om vir ons kool photos en stories te stuur by info@windgat.com 

#feetmustfall

 

Rustigheid…

Die koer van die tortelduif onder die bloekomboom, so teen 1 uur die middag, op die plaas. Die klank sus jou, terwyl jy in die lang gras  langs die dam. Niks kan jou pla nie, en die geraas van 6 uur oggend verkeer is nog nie aan jou ontbloot nie.

Dit is baie belangrik dat ons kinders die nodige kanse het om ook rustige oomblikke te kan onthou. Die wereld is groot en ons land is wyd. So maak ‘n plan. Leef ‘n Bietjie!

Wie kan nee se vir ‘n avontuur? Dit is die perfekte tyd van die jaar om ons land plat te ry en langs die pad te stop, en bietjie die blomme te ruik. En op die Windgat  en bietjie die berge kyk.

Ja, neef, wat kan ek, oumens, jou vertel? Jy wil die storie van ons sterfte hoor? Nou goed! Dis nooit te laat om daarvan nog Te leer en van gebruik te maak – veral Vir julle, jongling-mense. Hou maar vas Aan wat ons het, en staan orent, en neem Jul aandeel aan ons nasie!

Oom Gert Vertel – C. Louis Leipoldt

Kom buite en #leefnbietjie

Skool Vakansie – Verminder die lyding

Dit is amper sulke tyd!

Amper sulke tyd, wanneer die gegons van die daaglikse gejaag na garage koffie en werk toe gaan jou daai gevoel op jou maag gee van wanneer jy vergeet het om jou huiswerk te doen, padgee vir die gedreun van gunstelling woorde vir ouers. Ongelukkig nie woorde soos: “magties dit was nou ‘n lekker middag slapie” of “shoe, ek is so impressed met die seleksie goeie flieks op al die kanale” nie. Nee, woorde (gille) soos “Myne!”; “Ek het eerste daai een gehad!” en” Hoekom kan ek nie ook nie!?” breek deur die middel oor soos ‘n Lions binne senter.

Ons almal het ons strategie vir die tydjie. Die een enkele plan, wat kinders uit jou hare sal hou, en rustigheid verleen aan daardie lang vakansie dae. Vir die wat nog nie geleer het nie, SPUR is nie ‘n strategie nie, dit is ‘n oplossing tot ‘n tydelike probleem. Rond hardloop na ‘n halwe pizza en ‘n halwe graaf vol roomys en al die sprinkles  en soet souse wat jy kan kry, vernietig later die stilte en kalmte wat jy gedink het jy sou kry uit jou goeie daad.

“However beautiful the strategy, you should occasionally look at the results.”

Winston Churchill – 

Daarom is daar ‘n paar idees wat na vore moet kom.
My strategie is om seker te maak dat waarook al ek my klein blommetjies betrek, sal daar voordeel wees vir almal. Hulle is besig en ons word bederf.
Wees kreatief! Maar asseblief liewe mense, kom ons deel die dinge wat saligheid kan bring in die weke van skool vakansie. Een idee is om koppies te versier met woorde en prentjies op wit koppies. So, kan mamma en papa hulle koffie geniet en die jonges al van vroeg af, kreatief en onder die voete uithou.

Kreatiewiteit

Stuur jou tricks na ons toe op info@windgat.com sodat ons dit kan post en vir almal kan help.

Onthou, wees ‘n bietjie Windgat met jou idees.

 

 

 

 

 

 

Ek wens jou rustigheid en baie sterke toe hierdie vakansie tyd!

You have to do stuff that average people don’t understand because those are the only good things.”
Andy Warhol –

 

 

Bietjie perspektief

Nou, ek weet ek het gese ons het die blog ding probeer. Soos baie mense doen. Een ding wat ek baie goed geleer het, is dat die gemiddelde persoon, nie regtig enige mening of perspektief kan leen aan die kuns van blog nie. Dit is meestal ‘n gewaffel oor die soort vislyn wat gebruik moet word in winderige toestande by die kus, of, die meng tegniek vir die beste romerige koekie icing vir die graad 2, “mamma bak kompetisie“.

Daarom, liewe leser, sal ek jou nie verveel met langdradige sinne, wat meestal dieselfde doel as “poly filler” dien, in die webwerf wereld, nie. Ek sal vra dat julle die “content” maak, met mooi stories van hoe lekker die braai was by ATKV Buffelspoort, die naweek, getooi met foto’s van die kinders wat naby versuip-lekker speel in die swembad, of die arme mank bokkie probeer vang (die bokkie love roomys in Desember).

Stuur oor stories en staaltjies oor jou buitelewe eskapades. Vra ook aan vir enige nuwe buitelug produkte wat julle graag hier wil sien.

Perspektief (Lai.: perspicere: om duidelik te sien, om innerlik waar te neem) is ‘n term wat verband hou met die manier van waarneming en die weergawe van gebeurtenisse.

Gaan buite toe! Geniet die buitelewe en ons pragtige land! wees bietjie Windgat!