Bietjie perspektief

Nou, ek weet ek het gese ons het die blog ding probeer. Soos baie mense doen. Een ding wat ek baie goed geleer het, is dat die gemiddelde persoon, nie regtig enige mening of perspektief kan leen aan die kuns van blog nie. Dit is meestal ‘n gewaffel oor die soort vislyn wat gebruik moet word in winderige toestande by die kus, of, die meng tegniek vir die beste romerige koekie icing vir die graad 2, “mamma bak kompetisie“.

Daarom, liewe leser, sal ek jou nie verveel met langdradige sinne, wat meestal dieselfde doel as “poly filler” dien, in die webwerf wereld, nie. Ek sal vra dat julle die “content” maak, met mooi stories van hoe lekker die braai was by ATKV Buffelspoort, die naweek, getooi met foto’s van die kinders wat naby versuip-lekker speel in die swembad, of die arme mank bokkie probeer vang (die bokkie love roomys in Desember).

Stuur oor stories en staaltjies oor jou buitelewe eskapades. Vra ook aan vir enige nuwe buitelug produkte wat julle graag hier wil sien.

Perspektief (Lai.: perspicere: om duidelik te sien, om innerlik waar te neem) is ‘n term wat verband hou met die manier van waarneming en die weergawe van gebeurtenisse.

Gaan buite toe! Geniet die buitelewe en ons pragtige land! wees bietjie Windgat!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *