Skool Vakansie – Verminder die lyding

Dit is amper sulke tyd!

Amper sulke tyd, wanneer die gegons van die daaglikse gejaag na garage koffie en werk toe gaan jou daai gevoel op jou maag gee van wanneer jy vergeet het om jou huiswerk te doen, padgee vir die gedreun van gunstelling woorde vir ouers. Ongelukkig nie woorde soos: “magties dit was nou ‘n lekker middag slapie” of “shoe, ek is so impressed met die seleksie goeie flieks op al die kanale” nie. Nee, woorde (gille) soos “Myne!”; “Ek het eerste daai een gehad!” en” Hoekom kan ek nie ook nie!?” breek deur die middel oor soos ‘n Lions binne senter.

Ons almal het ons strategie vir die tydjie. Die een enkele plan, wat kinders uit jou hare sal hou, en rustigheid verleen aan daardie lang vakansie dae. Vir die wat nog nie geleer het nie, SPUR is nie ‘n strategie nie, dit is ‘n oplossing tot ‘n tydelike probleem. Rond hardloop na ‘n halwe pizza en ‘n halwe graaf vol roomys en al die sprinkles  en soet souse wat jy kan kry, vernietig later die stilte en kalmte wat jy gedink het jy sou kry uit jou goeie daad.

“However beautiful the strategy, you should occasionally look at the results.”

Winston Churchill – 

Daarom is daar ‘n paar idees wat na vore moet kom.
My strategie is om seker te maak dat waarook al ek my klein blommetjies betrek, sal daar voordeel wees vir almal. Hulle is besig en ons word bederf.
Wees kreatief! Maar asseblief liewe mense, kom ons deel die dinge wat saligheid kan bring in die weke van skool vakansie. Een idee is om koppies te versier met woorde en prentjies op wit koppies. So, kan mamma en papa hulle koffie geniet en die jonges al van vroeg af, kreatief en onder die voete uithou.

Kreatiewiteit

Stuur jou tricks na ons toe op info@windgat.com sodat ons dit kan post en vir almal kan help.

Onthou, wees ‘n bietjie Windgat met jou idees.

 

 

 

 

 

 

Ek wens jou rustigheid en baie sterke toe hierdie vakansie tyd!

You have to do stuff that average people don’t understand because those are the only good things.”
Andy Warhol –

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *